Sommer so op ‘n Sondag sal ek hier sit en treur, want nuwe maatjies maak is nie soos in jou kinderdae waar helfte van jou toebroodjie of sjokolade genoeg was om ewige vriendskap te seel nie. Ek word agtergelaat soos die eensame lappop. Geen meer drome word met my gedeel nie, geen enkele gedagte word aan my welbehae toegestaan nie…ek is soos ‘n vuil doek wat vergete is maar ietsie in die lug laat bly hang wat nou en dan met ‘n frons deur gaste opgemerk word. „O, daai?Ons weet nie regtig waar dit vandaan kom nie, maar ons het nie die hart om te soek nie – hoop maar dit disintegreer self. Wyn?”
Ons neem die ouens in ag ten alle tye. In terme van vakansies, kuiers, partytjies, etes, oproepe, skouers om op te ween en tande te kners, liefde in oormaat…
„Oh, the six of us are going down to Mosselbay for New years. The guys organised it ages ago. Either Mosselbay or Amanzimtoti. The four guys and the two girlfriends…Where are you guys going?”vra Lauern.Corne lyk ongemaklik en vermy my blik.
„Uhm, the last I heard we were all planning on going down together…”
„Oh, no. J and I will be the only girls, but I don’t really mind, because she likes doing all the same things I do…” Daar en dan wil ek vir haar vra :”Oh so you can be insipid and tactless together?” maar ek hou maar my mond. Ons is nie genooi nie want Gideon se meisie(tjietjietjie) het ‘n issue met my. Sy is jaloers en insecure oor my. Selfs met ‘n ring, ‘n trousertifikaat en ‘n man is ek nogsteeds vreesaanjaend genoeg dat sy Gideon moet gebruik as ‘n pacifier. So ek word gestraf omdat SY issues het…fok. Ons is genooi na Gideon se plaas toe saam met 14 ander mense, want SY sal nie daar wees nie. So basies is ons vriende solank SY nie daar is nie en daar ‘n gros ander mense is…dan kan ons maatjies wees. Ek dink nie ek wil meer gaan nie.
En een deel van my wil dan sommer die jaarlikse „Kersfees ete in November” kanselleer en hul geskenke vir die minderbevoorregtes gaan gee. Almal s’n, want hulle almal het aspris my uitgelaat en dan nie eens die decency gehad om my in die gesig te kyk en vir my te vertel nie. Want ek sal MOS verstaan en MOS nie kwaad wees nie en MOS anhou gee en omgee ten spyte van myself en wat ek nodig het, want ek is MOS net so flippen NICE en opgevoed dat ek nie ‘n scene daaroor sal maak nie.
„Dalk kan ons volgende jaar almal Mosambiek toe gaan. (Die plek is groot genoeg dat J jou dalk nie sal raakloop nie.)” laat Corne van sy hoekie af weet…ek loop uit die kombuis…
…en disintegreer.