Nie so lank gelede nie, dalk so 28 jaar
het jy my een aand vinng onder die maanlig gesoen
ek dink die merke sit nog daar
Die blomme in die tuin was mooier daai aand
as enige ander dag
en ek is seker as jy terugdink
sal jy ook nou lekker lag
28 jaar ja en ek droom nog steeds van jou
28 jaar en my hart is steeds in rou
Ek mis jou maltrap kaskenades
jou lekker Vaalseun lag
jou lang briewe van die grens af
wat vra dat ek moet wag
Ek mis jou in my lewe
veral die tyd van die jaar
ek mis jou sommer baie
wens jy was nog altyd daar
En ek wens vandag dat die heelal
my groete aan jou oor sal dra
dat jy somtyds as dit stil is
ook sal terugdink aan daai dae
My wens is dat ons eendag
dalk vlugtig weer kan ontmoet
en jy my sal vashou in die maanlig
en ons nooit ooit weer hoef te groet.
Anneke Steyn Barnard