So begin ek ‘n nuwe paadjie stap….dis een van die mooiste dinge vir my….jy kan enige gesinslid van my vra waarvaan hou jou ma…..en sy sal antwoord, grondpaadjies wat teen die natuur geëts lê…kronkelend tussen lanings bome deur, of teen ‘n heuwel op….twee rye spore langs mekaar….dit hou vir my altyd so ‘n belofte in….
En so het ek op ‘n nuwe paadjie van my lewe beland….kronkelend op reis na iewers anders heen…..my hand in joune loop ons twee se paadjie nou die toekoms in…stewig en styf langs mekaar…..die grassies in die middelpaaie kielie ons…..ons oë gevestig op die horison…ons beide weet dat ons Groot Vader ons vashou in die holte van sy hand en dat dit vir ons genoeg is.
So dwarrel ek in die hemelruim, ek is jou blou ballon…..die een wat jy stewig vashou in jou hand, ek wapperend in die blou lug. Van bo af lyk jy vir my beautiful…..en so reik ek met my hande na die sterreruim….ek pluk ‘n mandjie vol vir jou skitterend in die mandjie van die lewe…ek laat jou aan elkeen proe….en ek laat jou aan elkeen vat….koester dit my lief…..dis waardevol…..dis mooi……en dis vol beloftes….!!!
Aan Bok – Met liefde – AntjiE Annarasie (Jou Meisiekind)