Nuwe lewe

1 Kronieke 4:9-10……En Jabes het die God van Israel aangeroep en gesê: STORT U SEëN OOR MY UIT. VERGROOT MY GRONDGEBIED. NEEM MY ONDER U BESKERMING! EN WEERHOU MY VAN ONHEIL.

 

‘n Eenvoudige gebed met Reuse beloning .,..

God het ons buitengewoon geseën oor die laaste paar maande. My grondgebied is vergroot in die vorm van nuwe lewe. My kleindogter Lea is gebore op die 15de Oktober….. Ons is onder Sy beskerming al die pad terwyl my Dogter kanker gehad het…. Ja sy is deur die chemo en is SKOON!!!!! Onheil loop draaie om ons want Sy hand is oor ons…

Dankie Heer dat U so groot is en nietige mense soos ons groot genoeg ag om soveel liefde te kan gee.

 

Ek mis my blogmaaikies… Eendag trek ek terug blogland toe…. tot dan moet kort besoekies as ‘n voorreg gesien word…

Dankie vir elkeen se wense en gedagtes… en GEBEDE.,

 

Dodaj komentarz