Hierdie ma is vanoggend sommer BAIE trots. Meisiekind het toe gisteraand haar
Engelse Prose gedoen by die Kunstefees. En sy het ‘n A+ gekry! Ek dink dis heel
goed in ag genome dat sy ‘n Afrikaanse meisie is!
Ek was byna dood van die koue. Sy moes 18:45 daar aanmeld en dit het 19:00 begin.
Ons was egter alreeds 18:30 daar! Dis gehou in ‘n kerk SAAL en het aangehou tot
21:00! Sjoe…ek is deesdae 20:00 al in die bed (soms reeds 19:00). Dan lê ek en lees
tot ek vaak is… Ek het dus nogal gesuffer om so laat op straat te wees! Lol..Ek sê vir my
man, ek was nog nooit so baie uithuisig saans soos die laaste ruk nie. Die kinders dans
mos Maandae aande, dan kom ons ook omtrent 7 uur eers tuis!
Nou-ja, ek is oppad dorp toe en dan gaan ek by beste vriendin koffie drink.
Mooi dag vir almal.