Hallo…Hallo Liekie? Is ek oppie lug?

Van mense wat net wil vry

 

Soos wat ek hier sit kan ek nie ophou lag nie. Ek giggel soos ‘n Gr 8 meisie wat ‘n moesie op haar tiet ontdek het. Ek snork, ek jil, ek is oor die algemeen bly dat niemand my walglike geskater kan aanhoor nie – want kyk, dis morsig.


Die Nimlike Liekie het uiteindelik weer interwebs – en in die fokoliteit van intelligente geselskap besluit ek om my daar op Vrynet te gaan aanteken – jy weet, om mos nou hom die slem mense te loop gaat ontmoet.

 

Liewe OUERS (ek sê amper nooit meer FOK nie). Ek „teken aan”. (WAT is dit met al die vrae? „Het jy kanker, is jy in ‘n rolstoel, is jy losbandig”, hahaha, liewe hel hoekom sal mense DIT nou wil sta’ insit? Met kenmerkende sensitiwiteit bepeins ek – wel, almal hier soek ‘n stoot op een of ander manier.


 

Na meer as ‘n halfuur se blerrie blokkies tiek (blond, hou van diere gaargemaak, lees graag terwyl ek gekookte eiers in die bed eet met die sout in my naeltjie) kom mens uiteindelik op die plek waar jy kan gaan VIND.

 


 

Nou blaai ek maar so deur dit wat op aanbod staan.


 

„Hierdie Engelse mense maak my mal, ek soek net Afrikaanse geselskap.” (Ek ken die gevoel, meneer. Waar wil jy braai?)

 

„I’m a lovving, spontanius person with no hangups” (Dalk nie hangups nie, maar definitief hangovers. En vet weet – jy’s 29. LEER SPEL.)

 

„I have been looking for my special lady for years now. I have not tried using the internet seriously and after realizing the potential, finally signed up here.” ( Jou superhero-pakkie se ontie – jy’t vergeet om hom uit te trek – ek dink hy knyp.)

 

„WIL fill later, will fill later, will fill later, will fill later, will fill” (Jy’s te donners lui om eens ‘n loklyn te skryf, hoeveel moeite gaan jy met ander doen?)

 

 

„Words is something that fascinates me, not spelling.” (Las by: GRAMMAR doesn’t interest me either. Personal Hygiene is a matter of debate. Dis OK om van pasteie en leftovers te lewe.)

 

But wait, there’s more…

 

Die een (en daar’s mos altyd DIE EEEN) wat my op al die arme Gr 11s se Rek toetse laat perspireer van die lag, is ‘n vent met die naam CreepingDeath:

 

„I am the man who walks alone when i walk in a dark room, like a stroller through the park…”  

 

(Ek gil van die lag. KA-KAKAKAKAKAKA!!! galm dit deur die post-klok gange.)

 


 

Ja-nee, hier het ons die Jackpot geslaan. Babastootwaentjies in die parkie om middernag, soos die Kruipende Gevrekte homself. 

 


 

Die trane loop. My maagspiere pyn. Ek sal more verder soek vir geselskap – vandag het sy doepa opgelewer.

 

Ure se vermaak, so by my kool.

Dodaj komentarz